Nie onaangeraak deur die lewe

Maankind het huiswerk gegee, en ek is gehoorsaam.   :wink:

Oor die algemeen dink ek my letsels is getuienis van ‘n kinderlewe vol avontuur.

Op my linker wenkbrou is ‘n klein merkie wat ek opgedoen het toe ek aan ‘n wilgerboom se takke geswaai het, my greep verloor het, en teen ‘n kruiwa geval het.  By my linkervoet se kleintoontjie is daar ‘n merkie waar ek ‘n tuinvurk se tand deur my voet gesteek het.  En onder my (wat is dit met my en links?) linkerboud is ‘n groterige winkelhaak waar ek vir die hanslammers weggehôl het, in die voerkrip gespring het en iets my lekker gegaffel het.  Ek onthou dat ek glad nie pyn gevoel het nie, net die bloed teen my been voel afloop het.   :lol:

My grootmensletsels is beperk tot goed wat ek onder die mes opgedoen het.  Lank gelede het ek moesies van my rug laat afhaal.  Jinne, dit het my ook nooit gepla nie, tot ek eendag teater toe is om ‘n keisersnit baba te gaan haal.  Die narkotiseur het agter my kom staan, en sowaar as vet my teaterhempie weggetrek en agter by my rug ingekyk!  Die volgende oomblik het hy met ‘n diep stem in my oor gefluister:  “Jy moet tog daai moesies laat uitsny…”  Anyhoo…my rug is nou oortrek met klein, wit merkies.

Omtrent 10 jaar gelede moes ek ‘n goeie vriend groet.  Ek het ‘n ganglion in my linkerpols gehad, en ek was regtig nogal lief vir hom.  Later het hy seker teen ‘n senuwee gedruk, want my arm het morsdood geraak met tye.  Ek was baie hartseer om van hom ontslae te raak, want met die tyd het ek gewoond geraak aan die petite klein ertjie op my pols.  Nou ja, mens moet oppas waaroor jy teem, want sy groter tweelingboetie het onlangs sy plek kom vat.  Glad nie ‘n fyn ou dingetjie nie, en hy word met die dag groter.  Ek’s vrekbang vir narkose en wag maar dat hy my begin pla voor ek hom laat uitsny, maar ek’s baie selfbewus oor die pestelike ding.

Oe! Hoe oud lyk daai ou velletjie!   :shock:

Herriemerrie en Demoerin, laat waai met jul scars!    :mrgreen:

19 Responses »

  1. Dankie vir die speel! Ons oumas het jou hand op ‘n Bybel gesit, en daardie ganglion met ‘n ander Bybel geslát en dan het dit glo verdwyn… Maar ek verkies die sjirurg wat myne 2 maal verwyder het! Die nuwe ryskorrel bly net daar sit, hy is ook nie seer nie.
    (Skoon vergeet my ganglion is ook ‘n letsel!)

    Gee jy nie verder huiswerk nie?

  2. Pingback: Littekens « Herriemerrie

  3. Haai, ek het ook so oulike ‘ganglion’ gehad! Sy naam was Gerrie en ek was in matriek. Skynbaar was dit agv die ure en ure en ure se toonlere oefen! :D My boetie het hom weggeblacksam met my wiskunde handboek! Serious!!!! :lol: :lol:

  4. Ek was amper histeries turksvytjie. Het myself natgepiepie en als. Dit was onbeskryflik seer en ek is wragtig nie ‘n pieperige mens nie! Ek sal dit nie voorstel nie!

  5. Pingback: Gemerk « Demoerin

  6. Snaaks die knopies wat ons kry en dan aan geheg raak. My man het my arm vas gehou en my vriendin het my met my bybel geneuk. Ek sal dit nie aanraai nie veral as die mense wat jou slaan nie kan blerrie mik nie

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s